

2. Somalië

Streek
Afrika
Christelike bevolking
Honderde
Meederheidsgeloof
Islam
Vernaamste bedreigings
• Islamitiese onderdrukking
• Stamonderdrukking
• Georganiseerde korrupsie en
misdaad



Totale telling
94%
Druk
99.6%
Geweld
66.5%
Om Jesus in Somalië te volg, kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Al-Shabaab, ʼn gewelddadige Islamitiese militante groep, voer oorlog teen die regering en beheer groot dele van die land. Hierdie groep dwing streng navolging van die Islamitiese Sharia-wetgewing af en verbind hulself daartoe om Christene uit Somalië te verdryf. Hulle het al dikwels Somaliese Christene summier doodgemaak. Die gevaar het die afgelope jare toegeneem soos wat die militante al meer daarop fokus om Christen-leiers op te spoor en te elimineer.
Die vervolging van Christene gebeur egter ook binne hul eie families en gemeenskappe. Die kultuur in Somalië is baie konserwatief wat geloof aanbetref. Dit is ʼn groot deel van die Somaliese identiteit om ʼn Moslem te wees en om jou Moslem-geloof te verwerp, word gesien as groot verraad wat jou hele familie beïnvloed.
Selfs ʼn vermoede dat jy jou uit die Islam-geloof tot Christenskap bekeer het, kan veroorsaak dat jou lewe deur jou gemeenskap bedreig word. Jy kan onder huisarres geplaas word, in ʼn huwelik gedwing word en Islamitiese rituele of doodsdreigemente in die gesig staar. Hierdie faktore maak dat Somalië een van die gevaarlikste plekke in die wêreld is om ʼn Christen te wees.
Bid vir
-
Vra God om geheime Christene te help om te weet dat hulle nie alleen is nie
-
Bid dat God mense wat die gevaar loop om deur Islamitiese ekstremiste van al-Shabaab aangeval te word, sal beskerm
-
Bid dat geheime gelowiges wysheid sal ontvang oor hoe om hulle kinders oor Jesus, en wat dit beteken om Hom te volg, te leer
