top of page
Sidney & Naomi Moss_edited.png

Sidney & naomi Moss

Meer inligting

Sidney en Naomi Moss werk vanaf Kaapstad as basis, en in vennootskap met Harvesters Ministries.

 

Sidney is hoofsaaklik verantwoordelik vir die lande in Oos- en Suidoos Asië met die hoofdoel om onbereikte- en minderheidsgroepe in hierdie lande vir Christus te wen. Kerkleiers in hierdie lande word opgelei en toegerus as kerkplanters om sodoende die Evangelie te versprei, nuwe gemeentes tot stand te bring en ook dissipels te maak van nuwe bekeerlinge.

In die laaste jaar het Sidney Laos besoek wat voorheen geslote was vir die Evangelie.

Hy het ook onlangs Indonesië vir die eerste maal besoek.

Indonesië is die land met die grootste Moslem bevolking in die wêreld en alhoewel die uitdagings groot is, is die Christelike kerk lewendig en aan die werk in hierdie land.

  • Bid vir veilige reis in November tussen verskillende lande: Viëtnam, Indonesië, Thailand en Mianmar

  • Bid vir die leiers in Indonesië wat aangestel is om die onbereikte groepe te bedien

  • Bid vir die groot aantal etniese groepe in Thailand se Shan provinsie dat harte ontvanklik sal wees vir die Evangelie

  • Bid vir die mense in Mianmar, vasgevang in 'n burgeroorlog, om Christus te vind te midde van hul omstandighede

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page