

Sidney & naomi Moss
Meer inligting
Sidney en Naomi Moss werk vanaf Kaapstad as basis, en in vennootskap met Harvesters Ministries.
Sidney is hoofsaaklik verantwoordelik vir die lande in Oos- en Suidoos Asië met die hoofdoel om onbereikte- en minderheidsgroepe in hierdie lande vir Christus te wen. Kerkleiers in hierdie lande word opgelei en toegerus as kerkplanters om sodoende die Evangelie te versprei, nuwe gemeentes tot stand te bring en ook dissipels te maak van nuwe bekeerlinge.
In die laaste jaar het Sidney Laos besoek wat voorheen geslote was vir die Evangelie.
Hy het ook onlangs Indonesië vir die eerste maal besoek.
Indonesië is die land met die grootste Moslem bevolking in die wêreld en alhoewel die uitdagings groot is, is die Christelike kerk lewendig en aan die werk in hierdie land.
Tans in Filippyne tot en met 2 April
-
Bid vir die opleiding van gemeente leiers wat ander oplei om kerke oor 'n groot gebied te plant
-
Bid vir die Living Ball Projek in Indonesië
-
Bid vir beskerming en veiligheid gedurende uitreike na die verskillende lande
