

André & Anna-Marie Thiart
Meer inligting
Ons visie: Om draers en verkondigers van Christus se hoop te wees tussen die Makwe mense van Mosambiek wat binne ‘n konteks leef waar baie mense hoop verloor het.
Die Here het ons oor die laaste twee jaar gebruik om weer hoop te help bring. Ons is ondersteun in die hervestiging van gemeenskappe; daar is 300 ton kos versprei; die Makwes is gehelp om weer hul boerderye aan die gang te kry deur hoenders, bokke en skape wat tussen hulle versprei is. Hulle is gehelp om groentetuine te maak; en die kleuterskool gebou in Quionga is klaar gemaak en sal binnekort weer begin om ‘n diens binne die gemeenskap te lewer. Hier wil ons die kinders bedien en uiteindelik die hele familie bereik.
Die belangrikste is: Elke aksie, is om draers en verkondigers van Christus se hoop te wees. Ons bid en glo dat daar ‘n deurbraak tussen die Makwes gaan kom. Ons glo dat wanneer daar in Openbaring 7:9-10 verwys word na die groot skare uit elke nasie, stam, volk en taal, daar ook baie Makwes teenwoordig sal wees wat uitroep: “Ons verlossing is te danke aan God, wat op die troon sit, en aan die Lam!”
Ons leef en werk daarvoor.
1. Bid vir Makwe Missie se finansies om die volgende 5 jaar in Mosambiek te kan bly.
2. Bid vir die kerke wat gebou is dat dit 'n verskil sal maak tussen die Moslems.
3. Bid vir Makwe Missie Projekspan vir wysheid vir die volgende 5 jaar.
4. Bid vir onluste in die land en vrede
5. Bid dat daar meer uitreik geleentheid sal wees. Onluste maak dit moeilik om uit te beweeg.
