top of page
André & Anna-Marie Thiart_edited.png

André & Anna-Marie Thiart

Meer inligting

Ons visie: Om draers en verkondigers van Christus se hoop te wees tussen die Makwe mense van Mosambiek wat binne ‘n konteks leef waar baie mense hoop verloor het.

Die Here het ons oor die laaste twee jaar gebruik om weer hoop te help bring. Ons is ondersteun in die hervestiging van gemeenskappe; daar is 300 ton kos versprei; die Makwes is gehelp om weer hul boerderye aan die gang te kry deur hoenders, bokke en skape wat tussen hulle versprei is. Hulle is gehelp om groentetuine te maak; en die kleuterskool gebou in Quionga is klaar gemaak en sal binnekort weer begin om ‘n diens binne die gemeenskap te lewer. Hier wil ons die kinders bedien en uiteindelik die hele familie bereik.

 

Die belangrikste is: Elke aksie, is om draers en verkondigers van Christus se hoop te wees. Ons bid en glo dat daar ‘n deurbraak tussen die Makwes gaan kom. Ons glo dat wanneer daar in Openbaring 7:9-10 verwys word na die groot skare uit elke nasie, stam, volk en taal, daar ook baie Makwes teenwoordig sal wees wat uitroep: “Ons verlossing is te danke aan God, wat op die troon sit, en aan die Lam!”

Ons leef en werk daarvoor.

  • Bid vir skool wat 'n maand laat oopgemaak het weens die vloede in die suide

  • Bid vir die kinders en die onderwysers

  • Bid vir geleenthede om Jesus aan die kinders te demonstreer

  • Dankie vir almal wat getrou bid vir ons

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page