

Missio Dei Uitreike
Meer inligting
Missio Dei Uitreike resorteer onder Sending by Missio Dei en kan as die plaaslike sendingveld beskou word wat uit vrywilligers bestaan.
Op 9 Januarie 2018 begin Missio Dei Uitreike amptelik om elke Dinsdagaand na Safe Space uit te reik.
Safe Space is 'n nagskuiling onder die beheer van MES (Mould Empower Serve) wat saans tussen
50 tot 60 persone skuiling gee.
Ons bedien elke Dinsdagaand vir 'n uur vanaf 19:00 tot 20:00 met Skriflesing en Gebed asook 'n maaltyd wat ons voorsit.
Van tyd tot tyd sal ons ook projekte aanpak soos rolprent aande of “Praise & Worship” vir ‘n bietjie afwisseling.
Met die Here se genade, bou ons ‘n persoonlike verhouding met 'n groot groep van hierdie mense.
Verskeie persone van Safe Space is op grond van hul eie belydenis gedoop by ons kerk te Missio Dei
nadat hulle hul harte vir die Here gegee het.
-
Voorsiening vir veelvuldige behoeftes by SafeSpace
-
Ontvanklike harte vir die Woord en bediening
-
Deurbrake in persone se lewens
-
Vrywilligers - om getrou te bly, maar ook vir voorsiening en gesondheid
-
Personeel by SafeSpace vir veiligheid en hulpbronne
