

Missio Dei Uitreike
Meer inligting
Missio Dei Uitreike resorteer onder Sending by Missio Dei en kan as die plaaslike sendingveld beskou word wat uit vrywilligers bestaan.
Op 9 Januarie 2018 begin Missio Dei Uitreike amptelik om elke Dinsdagaand na Safe Space uit te reik.
Safe Space is 'n nagskuiling onder die beheer van MES (Mould Empower Serve) wat saans tussen
50 tot 60 persone skuiling gee.
Ons bedien elke Dinsdagaand vir 'n uur vanaf 19:00 tot 20:00 met Skriflesing en Gebed asook 'n maaltyd wat ons voorsit.
Van tyd tot tyd sal ons ook projekte aanpak soos rolprent aande of “Praise & Worship” vir ‘n bietjie afwisseling.
Met die Here se genade, bou ons ‘n persoonlike verhouding met 'n groot groep van hierdie mense.
Verskeie persone van Safe Space is op grond van hul eie belydenis gedoop by ons kerk te Missio Dei
nadat hulle hul harte vir die Here gegee het.
1. Fisies: voorsiening van kos, klere en veral skoene
2. Veiligheid en beskerming teen gevaar, geweld en koue
3. Gesondheid: Genesing van fisieke siektes, geestesgesondheid en verslawing
4. Geestelik: verlossing en dat hulle God se liefde, genade en vrede persoonlik sal ervaar
5. Geleenthede en Hulpbronne: Toegang tot opvoeding, werk en langtermyn behuising
