top of page

5. Soedan

sudan flag.webp

Streek

Afrika

 

Christelike bevolking

2 028 000 (4,1%)

Meederheidsgeloof

Islam

Vernaamste bedreigings

• Islamitiese onderdrukking
• Diktatoriale paranoia
• Georganiseerde korrupsie en misdaad
• Stamonderdrukking

image.png
image.png
image.png

Soedan was op ʼn pad na godsdiensvryheid, maar ʼn staatsgreep en verwoestende oorlog het hierdie hoop vernietig. Christene is weereens in gevaar. Die konflik het Islamitiese ekstremiste meer geleenthede gegee om Christene te teiken. Meer as 100 kerke is tot dusver beskadig, en Christene is ontvoer en doodgemaak.

Soedannese Christene wat vanuit ʼn Moslem-agtergrond tot geloof gekom het, ondervind ernstige weerstand van hul gesinne en gemeenskappe. Hierdie gelowiges is geneig om hul geloof geheim te hou, selfs vir hul eie kinders.

Ná ʼn jaar en ʼn half van oorlog is Soedan nou die land met die wêreld se grootste ontwortelingskrisis en ergste hongersnood, met byna nege miljoen mense wat gedwing is om uit hul huise te vlug. Christene ervaar ook buitengewone swaarkry weens die hongersnood omdat plaaslike gemeenskappe teen hulle diskrimineer en hulle nie ondersteun nie. ʼn Groot gedeelte van die Kerk in Soedan, wat waarskynlik sou kon help met die verspreiding van hulpvoorraad, is besig om te vlug.

Totale telling

90%

Druk

88.7%

Geweld

96.5%

Bid vir

  • Bid vir vrede en dat gelowiges wat in die kruisvuur van die burgeroorlog vasgevang is, nie geteiken sal word nie.

  • Dank God vir die Christene wat die weerloses tydens die oorlog versorg het. Bid dat God hulle dapper getuienis sal bewaar en beskerm.

  • Vra God om by gelowiges te wees wat deur die geweld in Soedan ontwortel is en dat Hy hulle sal verlos.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page