top of page

8. Pakistan

Pakistan.png

Streek

Asië

 

Christelike bevolking

4 526 000 (1.8%)

Meederheidsgeloof

Islam

 

Vernaamste bedreigings

• Islamitiese onderdrukking
• Diktatoriale paranoia
• Stamonderdrukking
• Georganiseerde korrupsie en misdaad

image.png
image.png
image.png

Totale telling

87%

Druk

84.7%

Geweld

99.8%

Pakistan se berugte wetgewing oor Godslastering word dikwels gebruik om minderheidsgroepe te teiken, maar Christene word buitengewoon erg hierdeur geraak. Ongeveer ʼn kwart van alle aantygings oor Godslastering teiken Christene, wat slegs 1,8% van die bevolking uitmaak. Die straf vir Godslastering is die doodsvonnis. Alhoewel dit selde tot op hierdie punt kom, kan mense wat vir Godslastering aangekla word dikwels deur bendes aangeval of doodgemaak word.

Die aantal Christen-meisies (en meisies van ander minderheidsgelowe) wat ontvoer en mishandel word, groei elke dag. Hulle word deur geweld gedwing om hulle tot die Islam-geloof te bekeer en dit word dikwels deur die laer howe ondersteun. Kerke wat by uitreikbedienings betrokke is, word veral teëgestaan.

Al die Christene ly onder institusionele diskriminasie. Beroepe wat vir ʼn laer klas en as vuil en afbrekend beskou word – soos om rioolpype skoon te maak of in baksteenoonde te werk – word deur die owerhede vir Christene geoormerk. Daar word na baie van hierdie mense verwys as ʼn “chura”, ʼn neerhalende term wat “vuil” beteken. Christene is ook kwesbaar om in dwangarbeid vasgevang te word.

Bid vir

  • Vra dat God die besluitnemers in Pakistan se harte rakende wetgewing oor Godslastering sal verander.

  • Bid dat die Christene vreugde in hulle daaglikse lewens sal vind, wetende dat hulle nie in God se oë tweedeklasburgers is nie.

  • Vra dat God die Christen-vroue in Pakistan, wat gedwing word om met Moslems te trou, sal beskerm.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page