top of page

7. Nigerië

Nigerië.png

Streek

Afrika

 

Christelike bevolking

106 608 000 (46.5%)

Meederheidsgeloof

Christenskap

 

Vernaamste bedreigings

• Islamitiese onderdrukking
• Etnies-godsdienstige vyandigheid
• Godsdienstige nasionalisme
• Diktatoriale paranoia
• Georganiseerde korrupsie en misdaad

Jihadistiese geweld in Nigerië neem steeds toe en Christene ervaar spesifiek die risiko om met aanvalle deur Islamitiese militante groepe geteiken te word, insluitende die Fulani-militante, Boko Haram en die Islamitiese Staat in die Wes-Afrika Provinsie (ISWAP).

Christene was vroeër slegs kwesbaar in die noordelike state, waar die meerderheid mense Moslems is. Hierdie geweld het egter versprei tot in die middelste streek en selfs verder suid. Die aanvalle is skokkend brutaal. Baie gelowiges, veral mans, word doodgemaak terwyl die vrouens dikwels ontvoer word en seksuele geweld in die gesig staar.

Meer gelowiges word weens hulle geloof doodgemaak in Nigerië as op enige ander plek in die wêreld. Die militante groepe verwoes kerke, asook gelowiges se huise en daarmee saam alles waarmee hulle ʼn bestaan maak. Meer as 16,2 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika, met Nigerië se hoë syfers ingesluit, is deur geweld en konflik uit hul huise verdryf. Miljoene mense bly nou in vlugtelingkampe.

image.png
image.png
image.png

Totale telling

88%

Druk

85.7%

Geweld

99.8%

Bid vir

  • Bid vir vertroosting vir die Christene wie se geliefdes doodgemaak of ontvoer is.

  • Bid dat God die Nigeriese leiers se harte sal verander sodat hulle Christen-burgers en -gemeenskappe sal beskerm.

  • Bid vir die miljoene Christene en ander mense wat deur geweld ontwortel is.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page