top of page

13. Mianmar

Mianmar.png

Streek

Asië

 

Christelike bevolking

4 760 000 (8.7%)

Meederheidsgeloof

Boeddhisme

 

Vernaamste bedreigings

• Diktatoriale paranoia
• Godsdienstige nasionalisme
• Etnies-godsdienstige vyandigheid

image.png
image.png
image.png

Totale telling

81%

Druk

77%

Geweld

98.7%

Mianmar staar ʼn vyfde jaar van toenemende gewelddadige konflik in die gesig en oplossings, of selfs net ʼn wapenstilstand, is nêrens in sig nie. Hierdie geweld het verwoestende gevolge vir die land se Christen-minderheid, wat dikwels die swaarste onder die aanvalle gebuk gaan.

Sedert die militêre staatsgreep in Februarie 2021, staar Christene groeiende geweld en strenger beperkings in die gesig. Gelowiges word doodgemaak en kerke word onoordeelkundig aangeval. Dit sluit dié in oorwegend Christelike state in.

Meer Christene as ooit word uit hul huise verdryf en vind skuiling in kerke of vlugtelingkampe. Sommige word selfs gedwing om na die oerwoud te vlug, waar hulle dikwels geen toegang tot kos en gesondheidsorg het nie. Regeringsmagte het voortgegaan om Christelike dorpe en kerke voor die voet aan te val. Hulle het ook Christelike hulpverleners en pastore doodgemaak, dikwels in lugaanvalle.

Buiten die konflik, vind bekeerlinge tot die Christendom dat hulle vervolg word deur hul Boeddhistiese, Moslem- of stamfamilies en -gemeenskappe omdat hulle hul vorige geloof verlaat het. Nie-tradisionele kerkgroepe ervaar ook teenstand, veral dié wat in landelike gebiede geleë is en dié wat bekend is vir hul evangelisasie-aktiwiteite.

Bid vir

  • Bid dat God Christene in staat sal stel om die voortdurende langtermyngevolge van die staatsgreep te verduur.

  • Bid dat Christene wat in die konflik tussen die regerende militêre faksie en rebellegroepe vasgevang is, vredemakers sal wees.

  • Bid dat die leiers van Mianmar se weermag sal besef dat Jesus die ware Bron van vrede en vreugde is.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page