top of page

14. Mali

malli.png

Streek

Afrika

 

Christelike bevolking

542 000 (2.3%)

 

Meederheidsgeloof

Islam

 

Vernaamste bedreigings

• Islamitiese onderdrukking
• Georganiseerde korrupsie en misdaad
• Stamonderdrukking

image.png
image.png
image.png

Totale telling

80%

Druk

77%

Geweld

93%

Die Islamitiese ekstremistiese opstand wat die noorde van Mali in 2012 verwoes het, het steeds groot gevolge vir die land se klein aantal Christene. Kerke is afgebrand. Christene het hul huise verloor en moes uit die streek vlug. Alhoewel sommige Christene en gemeentes onder polisiebeskerming teruggekeer het, word hul lewens steeds deur moontlike aanvalle bedreig. Diegene wat in gebiede woon wat deur militante beheer word, kan nie gewasse verbou nie omdat hulle toegang tot water en grond geweier word.

Gelowiges wat aan evangelisasie-aktiwiteite in die noorde deelneem, is veral kwesbaar vir geweld, terwyl Christen-sendelinge onder die voortdurende bedreiging van ontvoering deur die jihadiste leef. Mense wat Islam verlaat om Jesus te volg, word onder geweldige druk deur hul familielede en gemeenskappe geplaas en ervaar selfs die risiko van aanranding indien iemand van hul geloof bewus raak.

Die jihadistiese geweld is besig om suidwaarts te versprei en die verbrokkeling van die land se instellings versterk hierdie groepe verder. Die owerhede se onvermoë om die opstand te stuit, het tot openbare protes gelei en tot twee militêre oornames (in 2020 en 2021) bygedra. Die land het ook ʼn geopolitieke slagveld tussen die Ooste en Weste geword, wat Christene vir regeringsverwante vervolging kwesbaar maak.

Bid vir

  • Bid dat God gelowiges wat deur Islamitiese ekstremistiese groepe met geweld geteiken word, sal beskerm.

  • Bid vir Geopende Deure-vennote in Mali vir hul pogings om gelowiges, wat so baie verloor het weens ekstremistiese aanvalle, te help versterk.

  • Bid dat God politieke stabiliteit vir alle inwoners van Mali sal bied en dat die owerhede godsdiensvryheid sal nastreef.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page