top of page

16. Maledive

Maledives.png

Streek

Asië

 

Christelike bevolking

Honderde

Meederheidsgeloof

Islam

 

Vernaamste bedreigings

•  Islamitiese onderdrukking

image.png
image.png
image.png

Totale telling

78%

Druk

92.5%

Geweld

4.4%

Hierdie nasie van meer as 1 000 eilande verklaar homself as 100% Moslem. Om ʼn burger te wees, behels dus om ʼn Moslem te wees. Enige afwyking van die Islamitiese waardes word maklik raakgesien binne die land se hegte gemeenskappe en aan die owerhede of Moslem-leiers gerapporteer.

Diegene wat Islam verlaat, moet hul geloof dus geheim hou. Dit is so gevaarlik dat mans, vroue en kinders selfs hul geloof vir mekaar wegsteek. Indien dit ontdek word, kan gelowiges vir die oortreding van die Islamitiese Sharia-wetgewing van hul burgerskap gestroop word, van die samelewing geïsoleer word en hulle staatsvoordele verloor.

Terwyl buitelandse Christene, wat meestal in die toerismesektor werk, effens meer vryheid het as plaaslike bekeerlinge, word hul byeenkomste streng deur die owerhede gemonitor en beheer. Baie verkies egter uit vrees vir die gevolge om nie byeenkomste te reël nie. Buitelandse Christene (hetsy toeriste of trekarbeiders) word streng verbied om hul geloof met Maledivers te deel.

Radikale Islam is ʼn bekommernis vir die owerhede. Tot dusver was Christene nie ʼn spesifieke teiken vir ekstremiste nie. Dit is egter eerder te wyte aan die feit dat hulle ʼn lae profiel hou as dat hulle nie as ʼn teiken beskou word nie.

Bid vir

  • Bid dat geheime gelowiges hierdie jaar toegang tot die Bybel in hul eie taal sal kry.

  • Bid vir geleenthede vir Malediviese en migrerende Christene om saam te bid.

  • Bid dat die Here die oë van toeriste en reisigers sal oopmaak vir die situasie wat Christene in die gesig staar.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page