top of page

3. Jemen

Noord-Korea_edited.png
image.png

Streek

Midde-Ooste

Christelike bevolking

Klein aantal

Meederheidsgeloof

Islam

 

Vernaamste bedreigings

• Stamonderdrukking
• Islamitiese onderdrukking
• Diktatoriale paranoia

image.png
image.png
image.png

Totale telling

94%

Druk

100%

Geweld

63%

Die lewe in Jemen, wat deur die burgeroorlog uitmekaar geskeur is, is baie swaar vir almal en nog swaarder vir Christene. Die land is in gebiede verdeel wat hoofsaaklik deur drie verskillende magsgroepe beheer word, terwyl sommige dele steeds deur Al-Qaeda en die sogenaamde Islamitiese Staat beheer word. Nie een van die betrokke magsgroepe is simpatiek teenoor Christene nie en die amptelike grondwet handhaaf die Islamitiese Sharia-wetgewing, wat geen godsdiensvryheid toelaat nie.

Die 1% Jemeniete uit die minderheidsgodsdienste word erg gemarginaliseer. Plaaslike Moslem-groepe en moskees versprei meestal noodleniging en diskrimineer na bewering teen enigiemand wat nie as ʼn toegewyde Moslem beskou word nie.

As iemand uitgewys word as ʼn Christen of betrokke is by Christelike aktiwiteite, kan hulle ernstige monitering, arbitrêre aanhouding, marteling, mishandeling en selfs die dood in die gesig staar. In Houthi-beheerde gebiede is dit gevaarlik om ʼn Bybel of ander Christelike boeke te besit. Om Islam te verlaat en Christus te volg, word as verraad teenoor jou inheemse stam gesien. Sommige van die strawwe wat deur die gemeenskap hiervoor uitgedeel word, sluit in verwerping, onterwing, egskeiding, die wegneem van kinders, verbanning en die dood.

Bid vir

  • Bid vir vrede en geregtigheid in Jemen en dat God die noodkrete van sy mense sal hoor.

  • Vra God vir die beskerming van Christene in dié plekke in Jemen wat bekend is vir aanvalle deur Islamitiese ekstremiste.

  • Bid dat die ondergrondse Kerk in Jemen sal floreer en vir gelowiges om as sout en lig te leef.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page