top of page

9. Iran

Iran.png

Streek

Midde-Ooste

 

Christelike bevolking

800 000 (0.9%)

Meederheidsgeloof

Islam

 

Vernaamste bedreigings

• Islamitiese onderdrukking
• Diktatoriale paranoia

image.png
image.png
image.png

Die Christelike gemeenskap in Iran word verdeel tussen Christene wat grondwetlik erken word en dié wat nie erken word nie.

Onerkende bekeerlinge staar ernstige skending van godsdiensvryheid in die gesig. Die regering is hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik, en die samelewing en hul families tot ʼn mindere mate. Die regering beskou hierdie bekeerlinge as ʼn bedreiging en glo dat hulle deur Westerse lande beïnvloed word om Islam en die regering te ondermyn. Leiers, sowel as gewone lede van Christelike groepe, word dikwels gearresteer, vervolg en lang tronkstraf vir “misdade teen nasionale veiligheid” opgelê.

Historiese erkende gemeenskappe, soos die Armeense en Assiriese Christene, word deur die staat beskerm, maar word wel as tweedeklasburgers behandel. Hulle staar baie diskriminerende wetgewing in die gesig en word nie toegelaat om in Persies te aanbid of met nuwe bekeerlinge kontak te hê nie. Diegene wat bekeerlinge ondersteun, kan ook tronkstraf opgelê word.

Totale telling

86%

Druk

90.6%

Geweld

65.4%

Bid vir

  • Bid dat God die netwerk van geheime huiskerke sal beskerm en vir hulle wysheid sal gee.

  • Bid vir die geestelike en fisiese welstand van Christen-gevangenes en hul gesinne.

  • Bid dat God die Kerk in Iran sal seën en beskerm soos dit groei en die Evangelie deel.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page