

17. Irak

Streek
Midde-Ooste
Christelike bevolking
154 000 (0.3%)
Meederheidsgeloof
Islam
Vernaamste bedreigings
• Islamitiese onderdrukking
• Stamonderdrukking
• Georganiseerde korrupsie en misdaad
• Diktatoriale paranoia



Christene in Irak ondervind toenemende druk van verskeie groepe, veral sedert die opkoms van Iran-gesteunde Shia-burgermagte, na die Islamitiese Staat-groep se territoriale verliese. Terwyl die Islamitiese Staat steeds ʼn bedreiging inhou, het lugaanvalle en grondoperasies van Turkye en Iran hoofsaaklik Christelike dorpe verwoes. Dit het baie mense gedwing om te vlug en die dorpies leeg gelaat.
Christelike denominasies, soos die Assiriese en Chaldese kerke, word almal ernstig geraak deur diskriminasie en geweld van militante groepe en regeringsowerhede. Baie Christene in Sentraal- en Suid-Irak vermy die vertoon van godsdienstige simbole weens vrees vir teistering.
Bekeerlinge vanuit Islam ervaar intense druk, wat hulle dikwels dwing om hul geloof weg te steek. In 2023 het twee bekeerlinge baie weerstand ervaar nadat hulle hul oortuigings aanlyn gedeel het. Ná ʼn onlangse besluit van die Irakse regering het die Koerdiese streeksregering ook parlementêre setels vir godsdienstige minderhede gesny. Dit het hierdie groepe se verteenwoordiging verminder.
Totale telling
78%
Druk
85.8%
Geweld
36.6%
Bid vir
-
Bid vir Christene wat besig is om hulle lewens te herbou en herstel tien jaar nadat die Islamitiese Staat dele van Noord-Irak oorgeneem het.
-
Bid dat God die traumasorgprogramme, wat Geopende Deure vir Christene beskikbaar maak, sal seën.
-
Bid vir gelowiges wat bekeerlinge van Islam is, aangesien hulle aansienlike druk kan ervaar.
