top of page

11. Indië

india.png

Streek

Asië

 

Christelike bevolking

73 233 000 (5.1%)

 

Meederheidsgeloof

Hindoeïsme

 

Vernaamste bedreigings

• Godsdienstige nasionalisme
• Diktatoriale paranoia
• Etnies-godsdienstige vyandigheid
• Stamonderdrukking

image.png
image.png
image.png

Hindoe-ekstremiste in Indië sien alle Christene as buitestaanders en hul doelwit is om die nasie van Islam en Christenskap te reinig, dikwels deur uitgebreide geweld.

Hierdie vyandigheid word dikwels gedryf deur Hindutva, ʼn Hindoe-ideologie waaraan sommige ekstremiste steeds vasklou. Hulle glo dat alle Indiërs Hindoes moet wees en dat geen ander geloof verdra mag word nie.

Hierdie denkwyse lei tot gewelddadige aanvalle regoor die land en die aanvallers word nie vervolg nie, veral waar die owerhede ook geharde Hindoes is. Christene wat in hierdie gebiede huiskerke bywoon, staar die moontlikheid in die gesig dat hulle tydens eredienste deur ekstremistieste bendes geteiken en aangeval kan word.

Om sake te vererger, het twaalf state anti-bekeringswetgewing ingestel wat godsdiensvryheid vir individuele gelowiges bedreig.

Totale telling

84%

Druk

80.7%

Geweld

98.7%

Bid vir

  • Prys God vir die bemoedigende verkiesingsresultate. Bid dat die nuwe regering die regte van alle Indiërs sal beskerm, insluitende Christene.

  • Bid vir vrede en versoening vir die Christene in Manipur terwyl hulle besig is om hul lewens te herbou ná die geweld wat in 2023 plaasgevind het.

  • Bid vir beskerming vir die kerkleiers wat onder die anti-bekeringswetgewing valslik beskuldig word.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page