top of page

6. Eritrea

Eritrea.webp

Streek

Afrika

 

Christelike bevolking

1 687 000 (44.2%)

Meederheidsgeloof

Islam

Vernaamste bedreigings

• Diktatoriale paranoia
• Christelike kerklike proteksionisme
• Georganiseerde korrupsie en misdaad

image.png
image.png
image.png

Totale telling

89%

Druk

92%

Geweld

73%

Die vervolgingslandskap in Eritrea is ingewikkeld. Die regering erken slegs die Eritrese Ortodokse Kerk (EOK), die Rooms-Katolieke en Lutherse Kerk, asook die Islam-geloof. Bekeerlinge vanuit die Islam-geloof of die Ortodokse kerk na Protestantisme loop die gevaar om baie sleg behandel te word deur hul families en gemeenskappe. Nie-tradisionele kerke word die onregverdigste behandel deur die regering en die EOK. Veiligheidsmagte voer al baie jare lank klopjagte van huis tot huis uit en honderde Christene is al so gearresteer.

Mense in Eritrea word daagliks streng dopgehou, met hul telefoonoproepe en Internet-gebruik wat voortdurend gemonitor word. Eritrea word dikwels die “Noord-Korea van Afrika” genoem weens die uiterste staatsbeheer.

Christene, veral dié in onerkende denominasies, kry die swaarste. Uiterste druk, staatsgesanksioneerde geweld en verpligte diensplig dwing sommige Christene om uit die land te vlug. Jong Christene word gedwing om vir ʼn onbepaalde tyd militêre diensplig te doen sonder die reg op gewetensbeswaar.

Bid vir

  • Bid dat gelowige gevangenes, en ander soos hulle, vrygelaat sal word en dat daar vir hul families voorsien sal word.

  • Bid vir beskerming en leiding vir die gelowiges wat gedwing word om militêre diensplig te verrig.

  • Bid dat die gelowige gevangenes in een van die wêreld se berugste gevangenisnetwerke nie hul hoop sal verloor nie.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page