top of page

15. China

China.png

Streek

Asië

 

Christelike bevolking

96 700 000 (6.8%)

 

Meederheidsgeloof

Agnostisisme

 

Vernaamste bedreigings

• Kommunistiese en post-kommunistiese onderdrukking
• Diktatoriale paranoia

image.png
image.png
image.png

Totale telling

78%

Druk

80%

Geweld

66.5%

In China kan Christenskap op verskillende maniere beskou of hanteer word, afhangende van waar dit beoefen word. Dit is egter altyd onderhewig aan die regerende Chinese Kommunistiese Party (CCP) se nukke en grille. Die regering was die afgelope jare aggressief besig om te verseker dat godsdienstige uitdrukking in lyn met die amptelike Chinese kommunistiese filosofie gebring word. Enige kerk of kerkleier wat oor hierdie lyn beweeg, kan onder hewige beperkings geplaas word.

Ongeregistreerde kerke, selfs dié wat eens op ʼn tyd geduld was, word as onwettig beskou en toenemend onder druk geplaas soos wat die owerhede regulasies afdwing en hul beleide verskerp. Kerke wat deur die staat aanvaar word, ervaar sterk ideologiese druk en kleiner gemeentes word dikwels gedwing om saam te smelt en ʼn groter kerk te vorm, wat makliker vir die staat is om te beheer.

Kinders onder 18 word verbied om kerk toe te gaan. Amptelike geregistreerde kerke word noukeurig gereguleer om seker te maak dat niks wat hulle verkondig buite die CCP-riglyne val nie. Die toesighouding en monitering van alle vermeende kerkleiers is sommige van die gevolge om Jesus in China te volg.

In streke waar Islam of Tibettaanse Boeddhisme die meerderheidsgelowe is, kan Christen-bekeerlinge se families en gemeenskappe hulle selfs nog meer dophou, onder druk plaas en soms gewelddadig behandel

Bid vir

  • Bid dat gelowiges geloofsgroei sal ervaar te midde van die toename in vervolging.

  • Vra God om gelowiges te beskerm wat in gebiede bly waar Islam en Boeddhisme die primêre gelowe is.

  • Bid dat kerkleiers Christus se teenwoordigheid sal ervaar waar hulle dikwels deur die Chinese owerhede dopgehou en onder verdenking geplaas word.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page