top of page

10. Afganistan

Afghanistan.webp

Streek

Asië

 

Christelike bevolking

Duisende

Meederheidsgeloof

Islam

 

Vernaamste bedreigings

• Islamitiese onderdrukking
• Stamonderdrukking
• Diktatoriale paranoia Georganiseerde korrupsie en misdaad

Die meeste Afgaanse Christene is bekeerlinge vanuit Islam. Dit is basies onmoontlik vir hulle om hul geloof openlik te beoefen.

Om Islam te verlaat, word deur hul families en die gemeenskap as ʼn groot skande gesien. Bekering is onder die Islamitiese wetgewing strafbaar met die dood. Sedert die Taliban in 2021 beheer oor die land geneem het, word hierdie wetgewing al meer afgedwing.

Die familie of stam wat ʼn bekeerling onder hulle ontdek, sal dikwels probeer om hul eer te handhaaf deur baie druk op hom of haar uit te oefen, wat kan oorspoel in geweld en selfs moord. Indien die regering bewus raak van ʼn bekeerling, laat dit so ʼn gelowige met geen ander opsie as om te probeer vlug nie. Vroue en etniese minderhede beleef bykomende onderdrukking en Christene wat deel is van hierdie groepe leef onder ondenkbare spanning.

image.png
image.png
image.png

Totale telling

98%

Druk

100%

Geweld

86.5%

Bid vir

  • Vra God om die geheime Christene te beskerm, aangesien hulle nie openlik as volgelinge van Christus kan lewe nie.

  • Bid dat God die harte van die wrede Taliban-regering sal aanraak, selfs al bly hulle aan bewind.

  • Bid vir ʼn geloofsgemeenskap en hoop vir die duisende Afgaanse vlugtelinge wat steeds in gevaar is omdat hulle Jesus volg.

Wil jy deel raak van ons gemeente?

DANKIE!

Whatsapp_icon-removebg-preview.png

Tel: 

H/V De Villiers en Retiefstraat, Bellville

Kaapstad 7530

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok

t 021 949 1600 / info@missio-dei.co.za / © alle regte voorbehou  | 2023

bottom of page