Interns 2025
Sluitings datum : 1 Desember 2024
Agtergrond
Daar is ‘n behoefte onder jong skoolverlaters vir ‘n oorbrugging jaar tussen skool en nagraadse studies of werk. Terselfdertyd is daar ‘n behoefte in die gemeente vir addisionele hulp in verskeie van die bedieningsareas op ‘n voltydse dag tot dag basis. Daarvolgens word die Internskap op die been gebring om die twee aspekte bymekaar te bring en suksesvolle oplossing te bied.
DOEL – MISSIO DEI
‘n Internskap program bied vir ons die geleentheid aan jongmense om verskeie aspekte te ontgin en tyd te spandeer om hulself beter te leer ken en te ontdek. Dit bied aan hulle die geleentheid om met sekere wete die toekoms aan te pak en hul studierigting of werksrigting beter te definieer. Tydens die Internskap sal daar geleentheid gebied word om:
• ‘n Volgende generasie te bereik
• Toekomstige leiers op te lei
• Vars energie en idees te kry in bestaande Bedieninge
• Jong, nuwe insette op die span te kry
DOEL – INTERN
Die intern sal ontwikkel in die jaar in hulle professionele kapasiteit, karakter asook profiel ten opsigte van hul eie studies.
Your content has been submitted
An error occurred. Try again later